Hierdie ou het my eenkeer 'n lift gegee Vanaf 'n bar met 'n foto van Frik du Preez Het het sy 3 laaste rum and cokes haastig geskink 'N bietjie kak gepraat en hulle vinnig gedrink Toe hy probeer opstaan moes 2 pelle hom stut Die ander mense in die bar het hulle koppe geskud En ek het besef nou speel ek met vuur Maar ek sou eerder vrek as om hierdie kak dorp te verduur Kan jy my sê wat nou skielik fout is Kan jy my sê hoekom ek skielik so benoud is Kan jy my sê hoekom dit skielik so koud is Hy het soos 'n besetene gejaag Kranksinnig onbewus soos 'n sprinkaan in 'n plaag Alles toegewasem Die sig was hond-swak Die kar se voorruit was vuil en vol voëlkak Ek moes 'n paar keer die stuurwiel pluk Sy bakkie uit die pad van 'n ander kar ruk Ek sien nog 'n kar Ek reageer te laat Ons tref die ander bakkie voor hy verder kon praat Kan jy my sê wat nou skielik fout is Kan jy my sê hoekom ek skielik so benoud is Kan jy my sê hoekom dit skielik so koud is Die ding het gerol, maar ek was ok Ek definitief beter gelyk as hy Uitgevlieg by die ruit hy het sy been gebreek Daar het ribbes deur sy t-shirt na buite gesteek Sy oë het styf geword en net so gebly Hy het gefokus op die groot niks reg bokant my Hy skree van 'n lig En van 'n gesuis Hy gryp my baadjie met 'n spierwit vuis