Ek sien hom te laat om te probeer Briek Sy lyf kraak dof en dit maak My siek Toe ek sien hoe hy spat na die kant van Die pad En ek kan sien sy lyf is nat Van die bloed wat gesmeer is oor Die bonnet van my kar Ek raak baie ongemaklik want sy oë Het verstar In 'n waas in 'n waas soos 'n blinde haas O my fok wat op aarde nou Wat de moer gaan ek sê vir sy kinders en sy vrou Wat sal ween sal praat en sal aanhou haat En ek kyk oor my skouer want dis Dalk te laat Maar die vlakte gaap kaal asof Niks gebeur het Asof dit sê "so much vir jou groot probleem" Met hierdie nuwe insig klim ek terug in my kar Maar my hande bewe en ek is in die war Wat was sy naam? waar kom hy vandaan? Ek raak paranoid dat die kar sal gaan staan En elke sekonde ry ek verder weg En voel bekommerd en bedonnerd Selfs die bier smaak sleg Kom hier kom hier kom hier Die son brand my oë Dis heeltemal te vroeg vir nog 'n bier Maar die sixpack skree: Kom hier! kom hier! kom hier! Kom hier! Kom hier! Kom hier! [Om die volgende klompie maande motors teen 'n verwoede tempo te bou] Kom hier! Kom hier! Die sixpack skree: kom hier!