Die Masjien marsjeer Deur die land Veslind, verskeur Verwoes, verbrand Gebore uit gemak Gemaak om ons te dien Die mensdom het verswak Opstand van Masjien Meganiese revolusie Metaal verwoes die vlees Jou drome net illusie Jou wêreld nou net vrees Die ratte draai nou sonder end Te laat om dit te keer Die aarde permanent geskend Masjien nou in beheer Die slaaf is nou die meester Die skepper 'n dienaar Die sonlig word nou duister Devolusie openbaar Die Masjien marsjeer...