Kishore Kumar Hits

Zinkplaat - Blikkitaar Blues şarkı sözleri

Sanatçı: Zinkplaat

albüm: Karoo Poison


Sy's 'n protea wat op die vlaktes groei
Daar waar die son selfs die sonbesies skroei
Haar o so bruin soos die grond na die ren
Daai somersaande was soms alleen
Se donderstorm is die liefde verby
En 'n donga vol stof is al wat oorbly
Maar elke somer word die donga weer vol
Net om die wande verder uit te hol
Chorus
Ek speel 'n tune op my blikkitaar
Ek weet dis vals, maar die song is vir haar
Sy is my girl van die bo-karoo
In die maanlig sal sy alles glo
Verse
Ons praat oor die toekoms en volgende jaar
En ons droom maar die waarheid is daar
Ek troos myself en s ek's nou hier
Maar my siel is klaar in die Oranjerivier
Chorus
Ek speel 'n tune op my blikkitaar
Ek weet dis vals maar die song is vir haar
Sy is my girl van die bo-karoo
In die maanlig sal sy alles glo
Bridge
Sy praat 'n taal wat net die maan kan verstaan
Dit kom oor ons ver verlate vlaktes aan
Maar in die boland klink dit vreemd en leeg
Met elke woord begin sy verder weg beweeg
Chorus
Verse
Ek speel die blues op my acoustic kitaar
Ek weet dis vals dis song is vir haar
Sy was my girl van die bo-karoo
In die maanlig en die nagwind sou sy enigiets glo
Chorus x 2
Ek speel 'n tune op my blikkitaar
Ek weet dis vals maar die song is vir haar
Sy is my girl van die bo-karoo
In die maanlig sal sy alles glo
Ek speel 'n tune op my blikkitaar
Ek weet dis vals maar die song is vir haar
Sy is my girl van die bo-karoo
In die maanlig sou sy alles glo...
Sou sy enigiets glo
En het sy alles geglo

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar