Kishore Kumar Hits

Zinkplaat - Karoo Poisoned şarkı sözleri

Sanatçı: Zinkplaat

albüm: Retrospekulasie


Goeie more Gemora,
Jy het geslaag,
Met die verkragting
Van die laaste maagd
Shalom sodom,
Hoekom is ons so dom?
Hoekom is ons so
Onopgewasse teen jou uitlaat gasse?
Ons kinders baljaar in riool plasse.
Boor 'n bodemlose pitsweer
En dwarsdeur 'n hartseer.
Spuit dwelms in haar are
Verkrag haar voor n skare.
Goeie more Gemora,
Jy het gewaag,
Om die heiligste stilte
Uit te daag.
Shalom sodom,
Hoekom is ons so dom?
Hoekom is ons so
Uitgelate onversadigbare vrate?
Smeer heuning op ons monde,
Vryf sout in ons wonde.
Ek hoop jou geld brand gate
Deur jou broek se nate.
Anorganise-orgasme onskuldige oase.
Smeer heuning op ons monde,
Vryf sout in hul wonde.
En hierde sonde
Laat skuim om ons monde.
Lig my hoed uit die handtam
Net die kambroo.
Ek groet uit die tankwa
En die bo-karoo.
'N Blom uit namakwa land,
'N tieroog uit griekwaland.
Kyk my in my oë
En dan boor jy jou pitsweer
Dan verkrag jy die maagd weer.

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar