Lê die appel van my oog Lê die prentjies in my drome ook As die wêreld jou laat huiwer en die duiwels jou laat tweivel Weet dat iemand staan hier agter jou en glo Word die paaie voor jou dor Volg die bordjies met my naam daar op En dan kom die donker dae oor jou paaie en die vrae Laat jou wonder hoekom ons dan hier moet wees Ons is hier vir mekaar (en is goed genoeg vir my) Ons is hier vir mekaar (en dis net waar ons moet bly) Ons is hier vir mekaar... Met die kolle teen my maan Lê die rede hoekom ek bestaan En al klink dit soos 'n storie wat die mense nie wil hoor nie Weet hier is iemand wat jou woorde sal verstaan Lê die appel van my oog Lê die teiken in my peil en boog Lê die jas wat ek moet aantrek as ek tasse pak en wegtrek En die taxi wat hier buite vir my wag... Ons is hier vir mekaar (en is goed genoeg vir my) Ons is hier vir mekaar (en dis net waar ons moet bly) Ons is hier vir mekaar... Ons is hier vir mekaar (en is goed genoeg vir my) Ja ons is hier vir mekaar (en dis net waar ons moet bly) Ons is hier vir mekaar...