Kishore Kumar Hits

Zirk Bergh - Ons ouma lampaal şarkı sözleri

Sanatçı: Zirk Bergh

albüm: Ons ouma se pot


En ons ouma is groot, miskien so effe geset
Maar sy moet so groot wees, vir die groot hart wat sy het
En sy't miskien een, miskien twee, spat are
Maar sy's nie grys nie, ons ouma het silwer hare
En kans vir verder leer, in ouma se dae was min
En al was ouma net laerskool deur, ons weet sy was slim
En kos was min, en ouma mooi en dun in die depressie jare
En sy's nie grys nie, ons ouma het silwer hare
En sy lyk miskien vaal, soos 'n lamppaal
Maar sy straal, soos 'n lamppaal, sy staan, soos 'n lamppaal
Van staal, soos 'n lamppaal, so hoog, soos 'n lamppaal
En daar bo, innie paal, is 'n lig in
Die klein kinders, ken haar stories, en die sit van haar skoot
En ouma ruik, na ouma se kombuis, daar is altyd iets wat kook
En sy's die speserye, die sout, ons goud van hierdie aarde
Maar sy's nie grys nie, ons ouma het silwer hare
Sy't ken goeie tye, van deur druk, en van swaar kry
En sy weet dis net opdraandes, wat na hoogtes kan lei
En ons glo ou Salomo,
Sou met haar 'n pad kon loop, sy't die wysheid van baie jare
Want sy's nie grys nie, ons ouma het silwer hare
En sy lyk miskien vaal, soos 'n lamppaal
Maar sy straal, soos 'n lamppaal, sy staan, soos 'n lamppaal
Van staal, soos 'n lamppaal, so hoog, soos 'n lamppaal
En daar bo, innie paal, ... daar's 'n lig in ...
En sy lyk miskien vaal, soos 'n lamppaal
Maar sy straal, soos 'n lamppaal, sy staan, soos 'n lamppaal
Van staal, soos 'n lamppaal, so hoog, soos 'n lamppaal
En daar bo, innie paal, daar's 'n lig in
En was dit nie vir haar nie,
Was nie een van ons buitendien eers daar nie

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar