Moedersmelk Vers 1 In vaal London my bevind Ek is Ma se kind Ek wil huistoe Vers 2 Die pond is sterk Die Rand is swak Maar waar voel jy meer op jou gemak Ek mis Ma se kos Ek mis Stellenbosch Ek mis my vriende, ja selfs ons bediende Ek mis die son en ek mis die see Ek mis 'n nooi wat nog 'n 'bat' kan gee Daar is hoop vir my land Daar is hoop vir my taal Daar is hoop vir my mense Daar's hoop vir almal Die hoop is ek en jy Sal jy lewe, sal jy sterwe vir jou... my moedersmelk Vers 3 Nostalgie het my aan die keel beet Ek verlang Besef ons wat ons het, genade van bo Of moet ons dit eers verloor