Vers 1 In 'n wêreld van vandag Met soveel vrae, soveel antwoorde, maar so min oplossings Is die wêreld waar ek my bevind Soekend in my weer na die verlore kind Bridge 1 En ek kon dit nog altyd aanvoel Ons is vir soveel meer bedoel Voel jy ook die leemte in jou wat roep wat smag Na soveel meer as wat ons leer Iemand soveel groter, Iets soveel meer As wat hierdie wêreld ooit kan begeer. Vers 2 Nog 'n dag, nog 'n vrag, waar verkry jy jou krag Waarin vind jy jou vrede Versadig deur jou gebede Of skarrel, soekend deur ons aardse strewe Bridge 2 'N Doelgerigte leemte in jou en my Onvervulbaar met dit van aardse klei 'N doelgerigte leemte geplaas in jou en my As doel om ons te lei na dit wat bevry