Vers 1 Een suiker, bietjie melk met beskuit Net nie lou – is hoe jy daarvan hou Gunsteling tyd van my dag was koffie saam met jou Maar waar's jy nou Die tyd ons pad verdeel En al waarmee jy my hier agterlaat is die reuk van koffie oral om my heen Ek mis die koffie saam met jou Die reuk van koffie laat my die goeie tye saam met jou onthou Wat sal ek nie gee, Ooo wat moet ek doen Vir nog net een koppie koffie saam met jou Vers 2 Die soet geur eers probeer vermy Deur kwarantyn in die koshuis dit amper reggekry Rehabilitasie het my op koers gegooi Tot Mugg & Bean jou weer in my gedagtes in nooi, nooi. Bridge 2 Nou rook ek koffie in die oggend, snuif koffie in die aand Eet koffie op my brood en drink koffie in my slaap Want ek is verslaaf aan die kaffeïen of nee eerder verslaaf aan jou Bridge 3 'N Klop aan my deur, die bekende geur Staan jy weer met 'n koppie koffie, jy het teruggekeer Ek drink weer koffie saam met jou Die reuk van koffie, die reuk van jou weer so soet soos wat ek dit onthou Wat sal ek nie gee, Ooo wat moet ek doen Vir 'n leeftyd se koffie saam met jou