Soos die trane oor jou wange stroom Besef ek dis die einde van ons mooie droom Hartsverskeurend die geruk van jou snikke Breek my hart, breek my hart in 'n duisend stukke O, dit was die mooiste tyd saam met jou O, sal jy die mooi van my onthou Ek kom vir oulaas om vergifnis vra Vir die dinge wat jy onnodig nou saam met jou moet dra Ek spreek jou vry en weet dis nie te laat Ek besef dat ek nou 'n leemte agterlaat O, dit was die mooiste tyd saam met jou O, sal jy die mooi van my onthou Uit stof het ons ontstan en in stof sal ons vergaan Al wat ons agterlaat is spore van ons bestaan Maak seker jou spoor is aangenaam O, dit was die mooiste tyd saam met jou O, sal jy die mooi van my onthou Soos die trane oor jou wange stroom Besef ek dis die eind, tog die begin van 'n nuwe droom