Kishore Kumar Hits

Kaleidoskoop - Die Goeie şarkı sözleri

Sanatçı: Kaleidoskoop

albüm: Gunsteling Seisoen


Stomverslae staan jy,
Beide arms morsaf baklei
Hartseer trane wat vloei
My hart breek vir jou?
Wie verstaan die lewe se uitklop hou?
Wie sal hieruit kan sinmaak?
Die lewenspad is soms styl, soms alleen
Probeer ons breek, een vir een.
Ons oorweeg om terug te draai
Maar dan skep ons moed deur ons oë weer te rig
Op die mooiste uitsig
Van 'n sonopkoms wat teen die eindpunt wag
Hou jou oë op die goeie
Hou jou oë op die mooi
En word getransformeer
Deur jou gedagtes te vernuwe
Handel in wat rein is
Bly kleef aan die mooi
En word getransformeer
Deur dit wat die waarheid jou leer
Wil nie hoor dat ons land vergaan
Ek wil glo dat ons steeds kan opstaan
Dat elke mens iets goeds in sy hart sal dra
Bid dat hoop in jou oë op sal dam
Liefde weer in jou hart sal opdam
Smeek om genesing Suid-Afrika
'N Bitterhart sal jou wurg aan die keel
Sal jou vreugde steel
Jou lewensjare verdeel
Maar deur te vergeef
Laat jy 'n gevange vry
Net om later te besef
Die gevange was jy
Hou jou oë op die goeie
Hou jou oë op die mooi
En word getransformeer
Deur jou gedagtes te vernuwe
Handel in wat rein is
Bly kleef aan die mooi
En word getransformeer
Deur dit wat die waarheid jou leer
Mag die vuur van hoop
So onblusbaar in jou brandend bly
Oooh
En die vlamme, hul wees
Soos 'n veldbrand rondom jou versprei
Die donker nagte rondom jou verlig
En helder bly
Hou jou oë op die goeie
Hou jou oë op die mooi
En word getransformeer
Deur jou gedagtes te vernuwe
Handel in wat rein is
Bly kleef aan die mooi
En word getransformeer
Deur dit wat die waarheid jou leer
Stomverslae staan jy,
Wie verstaan die lewe se uitklop hou?
Wie sal hieruit kan sin maak?

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar