St. Helena, Ceylon Span jou seile teen die son En neem my terug na waar die lug Rooi lê teen die veld se rug Onder son en sekelmaan Soos 'n banneling betaam O arend waar is jy Sirkel hier bo my En laat my weer die vryheid sien Wat sluimer hier in my Om vry te wees soos jy Om vry te wees soos jy St. Helena, Ceylon Waar doringdraad sy strikke om my draai Om vry te wees as ek net kon Maar hoe sal net die arende kan raai Onder ster en sekelmaan Soos 'n banneling betaam O arend waar is jy Sirkel hier bo my En laat my weer die vryheid sien Wat sluimer hier in my Om vry te wees soos jy Om vry te wees soos jy