Hy is 'n oorlogsveteraan wat die verskrikking van die Stalag 17 kamp oorleef het deur aan 'n besonderse Herinnering vas to kleef: 'n groep sigeuners het buite die Kamp verbygetrek. Hy het gesien hoe die sigeunermeisie In haar rooi rok die dans van die sigeuners, die czarda, Dans. Sy was onbereikbaar vér anderkant die rolle Doringdraad; hier binne was dit slegs sneeu wat oor Die barakke neersif. Nou is hy oud en vergete; saans pak Hy sy medaljes uit op die bed. In sy klein woonstelletjie Hoog bo die besige strate van Hillbrow dink hy aan haar, Die sigeunerin van Stalag 17. Hoog bo die stad Woon 'n man oorspronkilk uit Daljosafat Met net 'n stoel en 'n bed en medaljes wat Herinner aan dae lank vervloë Lank reeds versoen Met die pyn en sy pensioen 'N veteraan van digby tagtig jaar Se oorlog en vrede En soms as hy staar Deur die rookbeleë skemer waar Die aandverkeer 'n halssnoer bind Deur die stad se donker labrint (Koor) Dink hy aan Stalag 17 Waar hy eens deur die draad 'N sigeunerin kon sien Wat soos 'n bloedvlek teen Die somber woud se sneeu 'N laaste czarda dans... Die foto vergeel Maar sy naam bly stees 'n belangrike deel Van 'n ou en 'n byna vergete verhaal Wat vertel van oorlog en vrede Deur die donker beleër speel hy solitêr Om die gedagtes te keer wat telkens dwing Om deur sy skanse te dring En die spel te verbreek En soms as hy tuur Deur die masker van die donker uur Word die stad se lig 'n firmament Maar die flikkering bly onbekend (Koor)