In my kerk is daar geen dak nie Geen relief of skildery nie Geen kandelaar wat hoog moet hang nie Almal kan hier toegang kry Want my kopel is die hemel Hoog genoeg vir al die sterre Breed genoeg vir die planete Hier sal jy stilte Hier sal vrede Hier sal jy rus by my In my kerk is daar geen mure Wat n horison beperk nie Daars geen deure of geen slot nie Geen register om te merk nie Want die berge is die seile Waar die arende kan skuil hou Ja die vlaktes is vloere Hier sal jy stilte Hier sal jy vrede Hier sal jy rus by my In my kerk is daar vensters Wat met brandglas kleure blink nie Nagmaal brood wat jy moet breek of Wyn wat iemand nog moet skink nie Want in die kerk sien jy die kleure In die skemer as die son sak As laaste wolke saampak Hier sal jy stilte Hier sal jy vrede Hier sal jy rus by my Kom kry In my kerk is daar koor of Orel wat die rus verstoor nie Hier vra niemand vir jou geld nie As jy bieg sal niemand hoor nie Want die storms is perkussie En die wind wat nooit wil rus nie Maak musiek met al die bome Hier sal jy stilte Hier sal jy vrede Hier sal jy rus by my Kom kry.