Kishore Kumar Hits

Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band - Donker Donker Land şarkı sözleri

Sanatçı: Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band

albüm: Eet Kreef!


Die klein wit republiek
Is in 'n droë wit seisoen
Hierso dra die bome dra nie meer vrugte nie
Die damme is almal droog
Uit die vlaktes van die Noord Karoo
Kom 'n sprinkaanplaag
Wat uitstrek na die Noorde
En die mielielande knaag
En in die dorpe en die stede
Ly die mense honger
En kos is skaars en al het jy werk
Word jou geld al minder werd
En dis 'n donker donker land
Die seisoene draai, die sterre brand
Die son word rooi ons het beland
Aan die maan se verkeerde kant
In ons huise teen die heuwels
Agter tralies skuil ons teen alle euwels
En vêr sien ons die rook trek
Die lokasies is aan die brand
En die soldate kom al aan gemarsjeer
En elkeen dra 'n gelaaide geweer
Daar's 'n bom in elke supermark
En die klank van glas wat breek
En iets moet breek!
En dis 'n donker donker land
Die seisoene draai, die sterre brand
Die son word rooi ons het beland
Aan die maan se verkeerde kant
Maar na sewe jaar se droogtes begin dit reën
En die reën val neer hier
Die reën val op my hande
Die reën val op my arms
Die reën val op my oë
Die reën val op my lyf
Die reën val op my gesig
Die reën val op my rug
O, reën val neer hier
Die reën val neer op Voortrekkerhoogte
Die reën val neer op doringdraad
Die reën val neer op berge
Die reën val op valleie
Die reën word strome
Die reën word riviere
Die reën word 'n see
Reën was alles weg hier
Was alles skoon hier
Was alles skoon
Reën kom weer en weer
Weer en weer

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar