Ek het jou gesoek In die nag my engel Ek het jou gesoek Op trappe van huise In bars, op pleine In stede Oor drie kontinente In strate Oor vyf oseane Oral Op lughawens En treine In die boulevard Van ope drome In die flits Van neonlig In die nagklub Van my drome Ek het jou gesoek En ek kon jou nooit Vind nie My Ewig Ontwykende Beminde Bittersoet Ek het jou gesoek In kafees, en bars Lounges en kroegen In die Tanzten der Lusten In sale In hotelle oorkant die kanaal Langs die riviersvelde In die hawe van Antwerpen Op die tram Vanaf Station Diamant Tot by Station Groenplaats Ek het jou gesoek in Amsterdam Op die Waterlooplein Met die fiets het ek gery Verby kanale en gragte Verby museums en parke Agter op 'n motorfiets Het ek gery Deur die strate Van Paris Vanaf Place de la Concorde Tot by Palais-Royal Ek het die mensdom hoor sê: "This is the love That dare not Speak its name" En ek het die engele sien vlieg Oor die graftombe van Oscar Wilde En het die gode hoor fluister: "Jy sal geen oomblik rus ken Totdat jy my eendag vind nie" My Ewig Ontwykende Beminde Bittersoet Ek het die ferry gevat Oor die Kanaal En van Londen gevlieg Oor die Atlantiese Osean Na JFK Van JFK het ek Na New Orleans gegaan Langs die Mississippi gestaan Gekyk waar Janice Joplin Haar volstruisvere Verkoop het Gesien hoe lyk die bar Waar sy gesing het Gestap vanaf Bourbon Street Tot by Avenue Dumain Ek het met die Greyhound gery Vanaf Baton Rouge Tot by San Jose Ek het jou gesoek In California Op die Bay Area Rapid Transit In die Haight-Ashbury En die Castro District In die skare Het ek kortliks 'n glimps Van jou profiel gesien Ek het jou gesoek In strate, kafees Bars, lounges In kroegen En jy het my Altyd ontwyk My Ewig Ontwykende Beminde Bittersoet Ek het teruggevlieg Na Brussels Met Singapore Airlines Die trein gevat Na Paris In Père-Lachaise Langs Jim Morrison Se graf gekniel Die blare Van 'n bloeiende roos Uitgestrooi Oor Piaf en Theo Waar hulle Bo-op mekaar lê En vir ewig rus En gebid Dat jy gou Sal kom My Ewig Ontwykende Beminde Bittersoet