Kyk die mense in die strate Dokters staats amptenare Almal dra geheime in die mou Soos papierpoppe op kaarte Word ons leeg en sonder harte En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog En staar ons altyd blind in die van ons Selfs die son wat daar skyn Gee aan almal deel van hom O moenie oordeel nie En wys nie 'n vinger nie Ons almal woon in huise van glas Kyk die nuus in die koerante Oordeel van alle kante Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil? En die mense praat en skinder Oor die dinge wat hul hinder Maak nie saak wie huil nie dis die styl Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog En staar ons altyd blind in die van ons Selfs die son wat daar skyn Gee aan almal deel van hom O moenie oordeel nie En wys nie 'n vinger nie Ons almal woon in huise van glas Sê my waar is die broederliefde? Dalk gesteel deur die nagdiewe En al wat nou nog oorbly Is verwyte en kritiek Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog En staar ons altyd blind in die van ons Selfs die son wat daar skyn Gee aan almal deel van hom O moenie oordeel nie En wys nie 'n vinger nie Ons almal woon in huise van glas Ons almal woon in huise van glas