Kishore Kumar Hits

Anton Goosen - Blommetjie Gedenk Aan My şarkı sözleri

Sanatçı: Anton Goosen

albüm: Greatest Hits


'N Skraal wind waai oor Ngunie bosse, op die pad buite Uniondale
En elke Paasnaweek staan die
Spookmeisie daar, as die herfswind hoeka al huil
En met haar lang swart hare,
Onder sekelmaan, tuur sy oor die vlaktes, haai
En haar klere blink spookagtig saam,
Met haar duim vra om haar op te laai
En die Kammanassieberg spook geil as hy klippe bergaf rol
En die spookmeisie, van Uniondale, wat duimry en droewig sing:
"Blommetjie, gedenk aan my" en sy lig haar duim na bo
"Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo
"Blommetjie gedenk aan my" en sy lug haar duim na bo
"Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo ...
Die reisigers verby Uniondale het haar dikwels opgelaai
En verder aan so, uit die niet, verdwyn sy in die wind wat waai
So as jy saans in die langpad dwaal oor die Pase, middernag
Pasop vir die spook van die Klein-Karoo, tensy jy gaan spoke jag
En die Kammanassieberg spook geil as hy klippe bergaf rol
En die spookmeisie van Uniondale wat duimry en droewig sing
"Blommetjie, gedenk aan my" en sy lig haar duim na bo
"Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo
"Blommetjie gedenk aan my" en sy lug haar duim na bo
"Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo
"Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo
"Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo.

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar