Kishore Kumar Hits

Anton Goosen - My Stellenbosch Se Nonnatjie Roep My şarkı sözleri

Sanatçı: Anton Goosen

albüm: Tussen Twee Rooi Mure


O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom,
Sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Sy sê sy's lief vir my
En ek verlang so erg na die Papegaaiberg,
Sy't gesê ek kan haar kry
'N Vroumens is nes 'n wilde blom,
As jy pluk, dan verlep sy gou
En 'n roos het dorings om jou weg te hou,
Dis haar manier om te sê: "Ek's lief vir jou"
'N Mansmens is ook 'n snaakse ding,
Sê jy nee, dan kerm hy "ja!"
Soos 'n kind wat skrou en aanhoudend pla,
Dis sy manier om die jawoord wel te vra
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom,
Sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Sy sê sy's lief vir my
En ek verlang so erg na die Papegaaiberg,
Sy't gesê ek kan haar kry
Verliefdheid is 'n rare ding,
Dis 'n ding wat ek nie verstaan
Want jy sien net sterre en 'n halwe maan,
En jou pote's onder jou uitgeslaan
Dis dié dat ek nou ook so sing,
Ou poon so flink opsaal
En die stof lê so dik en die stof lê so vaal,
Ons galop om die mooiste blom te haal
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom,
Sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Sy sê sy's lief vir my
En ek verlang so erg na die Papegaaiberg,
Sy't gesê ek kan haar kry
Nou hier's ek terug op Coetzenburg,
En ek ry by die braak verby
En dorpstraat oor tot anderkant voor,
By Papegaaiberg wag 'n blom vir my
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom,
Sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosse nonnatjie roep my,
Sy sê sy's lief vir my
En ek verlang so erg na die Papegaaiberg,
Sy't gesê ek kan haar kry
En ek verlang so erg na die Papegaaiberg,
Sy't gesê ek kan haar kry

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar