Somtyds is dit net uit my hande Dit is 'n geweenige kners van tande Is dit malligheid, en daar is niks wat ek kan doen? Vas in die stad is ek gevang, hoort in die veld my hart verlang Deur al die malligheid roep ek uit na jou Deur al die malligheid verlang my hart na jou Vat my weg ver uit die stad, en ry saam met my op die wit grondpad Waar die son brand en die lug is skoon, waar my siel ontspan, waar my mense woon en gee my boere rock Laat ek dans met jou