Amsterdam Ek loop deur die strate van Amsterdam stoksielalleen Ek dink aan al die dinge wat ek het om te deel Maar langs die kanale word die vrae weer 'n paar te veel Dalk is dit tyd vir iemand om my in te kleur Toe was daar Hester en sy het gespeel Met elke oomblik, sy het stukke gesteel Van daardie legkaart waaraan ek so bou En die prentjie wat oorbly Is een sonder jou Ek loop deur die strate van Mechelen en dit reen En al wat ek soek is 'n nuwe hart om te steel Maar die aand is te skaam En die foto in die raam is te bleek Dis dalk nou 'n goeie tyd om hom op te skeur. Ek loop deur die strate van Parys en ek moet se dis vreemd Koppe omhoog na 'n toring met liggies bedeel Maar aan die eenkant van die straat Staan daar mense op mekaar en skrees Dan wonder ek of almal dan nou werklik Dieselfde siening deel