Kishore Kumar Hits

Die Melktert Kommissie - Tussen Blaaie şarkı sözleri

Sanatçı: Die Melktert Kommissie

albüm: Wonderwoorde


Daar,
Waar als stil was,
Dans ek
Alleen en kaal
En fluister ek woorde
In my emosietaal
In die hoeke
Van jou trouring
Kruip ek weg
Opsoek na nuwe drome
En 'n nuwe blyplek
Tussen blaaie
Van 'n woordeboek
Het ek verdwaal
En soek ek jou angstig
In 'n lettergreep verhaal
Want tussen die blaaie
Van 'n woordeboek
Het ek bly lê
En lees ek tussen lyne
Omdat ek jou
So graag wou hê
Op die langpad terug
Koop ek vir my 'n kruis
Nie van hout nie
Maar van been
Om my te troos
As jy daar is
En ek alleen
En jy sê ek sit vierkantig
In jou hart
En jy sal altyd liefbly
Vir my soos asemhaal
Tussen blaaie
Van 'n woordeboek
Het ek verdwaal
En soek ek jou angstig
In 'n lettergreep verhaal
Want tussen die blaaie
Van 'n woordeboek
Het ek bly lê
En lees ek tussen lyne
Omdat ek jou
So graag wou hê
Toe die lug weer
Ruik na see
Sing ek net vir jou
Waar steenbokke eens
Ontmoet het
Was jy
Deur my tienerdrome omvou
En ons swem in ons eie trane
En baljaar in ons eie seer
En lag saam oor hoe maklik
Dit sou wees om in te gee
Tussen blaaie
Van 'n woordeboek
Het ek verdwaal
En soek ek jou angstig
In 'n lettergreep verhaal
Want tussen die blaaie
Van 'n woordeboek
Het ek bly lê
En lees ek tussen lyne
Omdat ek jou
So graag wou hê
Tussen blaaie van 'n woordeboek
Moes ek vergeet
Omdat die realiteit
Al die liefde sou uitvee
Uit die blaaie van 'n woordeboek
Moes ek opstaan
Omdat duisende sinne
Nie een van ons vrae kon verklaar

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar