Na die tyd was daar mense wat gesê het dat hulle dit verwag het Hulle was nog kwaad en bitter oor al die mense wat vir hulle gelag het... Maar selfs 'n doemprofeet kon hierdie skade nie voorspel nie Die hele aarde aan die brand soos 'n voorsmaak van hel, die Vuur was onblusbaar, kontinente uitgewis En mens moes mettertyd mooi soek vir tekens van die oorlewendes Asemhaal was onmoontlik tussen die vlamme van vertering Elke woud was vernietig, elke stad verwoes vir ewig Hele spesies het verdwyn in die eerste paar minute Die greep van die vuur het orals uitgesprei soos 'n siekte In die verte was 'n berg met sy skouers in die wolke En mensdom se oorblyfsels mik toe daarvoor in die donker Tussen die hittegolwe en die vlaktes van verwoesting Drom hulle toe saam soos miertjies uit elke rigting En vind verligting teen die kranse en die skadu's van die laaste berg En vir die eerste keer besef hulle wat oorlewing hulle gaan verg En hulle klim toe al hoe hoër om skoner suurstof te vind Uiteindelik op die bergpiek gewaar hulle 'n vreemde Adamskind Wat alleen in die wind staan en oor die brandende aarde gluur Hy dra 'n lang donker jas en in sy oë weerkaats die vuur "Hy's een van daai vreemdes!" roep 'n stem uit die skare En met agterdogtige gedagtes begin hulle om hom vergader "Wat weet jy van die vuur?" begin hulle soos een stem fluister "Wat maak jou soort hier? ons dink dis tyd dat jy vir ons luister... Jy was nog nooit regtig welkom nie, jy en jou vreemdelingmense Ons vermoed nog altyd julle't vir ons net die donkerste wense" En waarlik, net soos die lus vir wraak ondraagbaar raak Sien hulle die bewys wat van alles net 'n warrelwind maak: In sy regterhand hou die vreemdeling 'n vuurhoutjie wat nog rook! En in 'n woedende massa skreeu hulle saam soos 'n doodskoor: Ons het probeer om jou te waarsku Die sirkel word al stywer soos die massa saamdrom En hulle dors vir bloed raak net dieper hoe nader hulle aan hom kom Maar skielik maak die vreemde man sy mond oop en begin praat En soos die oog van 'n storm is dit asof alles net stil raak En die woorde van sy storie weergalm die verte in En die kalmte in sy stem vertel van lig en oorbegin Hy vertel hoe hy en sy mense nog altyd geweet het van die vuur En hoe hulle vir jare probeer het om ons te help en om ons te waarsku Hy vertel van klein dorpies waar hulle hom in die modder gesleep het En in die kroeë van die stede waar hulle hom met bierbottels gebreek het En hoe niemand wou luister nie, en hy in die nagte net kon huil En hoe hy vir een meisie in 'n eetplek gesê het hy sou plekke met haar ruil En sy't hom aangeval voor almal en met haar vurk hom oopgesteek En in haar oë het hy skielik verstaan hy sou 'n ander plan moes kweek Hy en sy mense het toe vergader en na hierdie selfde berg kom kyk Dit het vir hulle begin om soos die enigste oplossing te lyk En ons almal wat nou hier staan is die vrugte van daai plan Hulle't 'n kring van vuur begin met die vuurhoutjie in sy hand En op die manier die vuur geblus in 'n sirkel wat kon terugveg 'N kring van vuur wat soos 'n muur staan met sy arms om die berg En net soos ons besef wat die vreemdes vir ons gegee het Sien ons skaduwees in die wolke waarmee die berg hom beklee het En die vreemdeling begin self om in die lug op te dryf En soos hy styg hoor ons stemme wat ons troos en ook dreig En hulle sing nou 'n lied wat ons herken in 'n oomblik En ons harte begin skud soos die woorde ons oopruk Ons het probeer om jou te waarsku