Speel hierdie snit aan die begin van elke jaar As jy rede het vir trane dan verstaan ons mos mekaar As jou konstante dieët bestaan uit sweet eet Dan kan jy konkreet weet ons skree saam soos 'n kreet Ek ontleed maar net die eensaamheid van menswees alweer Met my een oog op die dinamiek van nog-'n-keer probeer En ek kon sweer ek het jou iewers in die donker al gesien Met jou mond oop soos 'n tikmasjien, jou bloed vol nikotien Miskien herken jy my ook? sien my met jou toe oë Indien jy ook nie kan glo, verdien ons tog die antwoord Ek's jammer julle maar daar kan net een antwoord wees En ek belowe jou hy lê nie in daai onheilige gees nie Skree want ons wil stilte hê, tussen al die bottels lê Woorde wat jy nooit kon sê, skielik vind jy weer jou stem Sing net bietjie harder as die siele reg langs jou In die refrein verskyn die sleutel wat ons saamstaan behou Jy is nie alleen nie Die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal Hou maar net vas, een somer op 'n slag My ritme is stukkend, dis die einde van die jaar Ek dink oor al my vriende wat op die aardbol baljaar Die ding hou maar net aan draai met of sonder my lawaai Selfs al kon ek ophou lag vir Parow se gedagtes oor slaai Jy kan sommer raai ek sit by Lollipop en kyk Kerkstraat se verkeer Dit wil voorkom dis wat elke Desember met my gebeur Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond Die tsotsi's en polisie en ek op dieselfde grond En seën en vervloeking kom uit dieselfde mond En ek worstel met my land op die rand van die afgrond Ek is uitgeput deur afgesaagde uitdrukkings Maar ek is lief vir my stad en sy miljoene gesigte Plus dis amper weer tyd om nuwejaarsvoornemings te Maak met 'n hart vol oorbeginnershoop En 'n nuwe waardeering vir die mense wat nog saam met my loop