Ek ken die seer van ou passie, ek het nie meer 'n houvas nie Dit glip tussen my vingers en die ink is net 'n reaksie In stories van die mensdom, die glorieryke dom mens Die lyke op die slagveld en die duiwel met sy vol pens Ek struikel oor my hol wens en huil oor die leemte Aan die gatkant van die wêreld lê my rympies se verlede Veels te swaar vir my gewete, hou my wakker op die snelweg In die nag en as dit reën en in die oop mond van die hel Dis sleg om alles te onthou as mens net elke keer die merk mis Die rondsit en die niksdoen maak my sommer nou vir werk lus Ek's perdfris, tog glad nie, my woorde sit soos gom vas Die konteks wil my versmoor en ek verbrand soos 'n dompas Die kompas van duister is geyk en vervelig En ek giggel oor die rockstars wat nie leer van die verlede nie Patrone sou selfs snaaks wees as dit nie so blerrie hartseer was nie Tieners kots al harder want ons het nie meer 'n houvas nie Ek moet glo dis moontlik Selfsal voel dit of ek te hoog mik Slag die prins wat op daai troon sit Ons moet glo dis moontlik Ek wil van liefde en koue water leef, blydskap deur die donker weef 'N rustigheid ten midde van die oorlogshart beleef Maar 'n gewapende vrede trek nou verdraagsaam my bene en dis 'n Rigting wat ek eerlik vrees ek glad nie kan oorleef nie En ek glimlag met my slagtande, want vriendelikheid kos niks nie Die illusies van my goedheid stort nou neer as ware fiksie Ek's 'n dier wat bloed geproe het, en my instink is getrou Ek sien my vyand en sy slagaar is die diepste blou Daar's gedeeltes van myself wat heeltyd sterf in die onweer Maar die wapens wat my opkerf is tog saggeaard en teer En ek grou vir selfbeheersing en 'n houvas in die stryd, want Net tyd kan getuig van die soetheid van die vrye man