Brand in lou vlamme Katarsis in verveling Die vagevuur se mond sê niks En sluk ons heeldag heel in Bored. Lek die zeitgeist se gesig met jou bek Soen so liefdevol die slang se silwer nek Dieper in jou keel, tot net voordat jy vrek Sluk die saad van vermaaklikheidsgebrek Brek brek ek ek ek ek Ek doen dit vrywillig: a high score per minute Die middelgrond is no-man's land, die ingangsfooi is billik A front row seat - hoor die Vier Ruiters runnik 'N dodelike ritme in die binnekring se grinnik Dis golden circle bitches, a bang en a whimper Ons is meer verstrooid as 'n flippin voëlverskrikker Sukkel met simbole, is alles puzzle-stukke? Struikelblokke om die lokval, sien jy stel nog strikke Si-mu-la-cra Moerse leeg hier binne - skadu's teen die muur 'N eindelose optog in die dowwe vagevuur Verwytend kap die beitel aan 'n tydgeslypte muur Verdwynend in die ruimte buite pyn of plesier Brand in lou vlamme Katarsis in verveling Die vagevuur se mond sê niks En sluk ons heeldag heel in Ons word lewendig opgeëet, soet sappige happies Sentimentele lekker loslappie-pappies Sakkie sokkie sukkel, driedruk-deurdrukkers Gatswaai drinkgat goue oue treffers Elke dag is braaidag, die vlamme vlek 'ie vlees Chesa nyama vreesloos dik gevreet Maar leër as leeg, onblusbare honger Want niks maak ons vol hier tussen bo en onder