'N standbeeld in die middel van nêrens Opgerig vir 'n held van êrens Om te wys dat daar iets nog oor is Wat dit die moeite werd maak om nou Te glo dat daar hoop is sonder al die vrese En in my diepste wense staan Nelson se leuse Sweef soos 'n vuishou Veg sonder ophou nou vir dit wat goed en reg is Sonder dat daar bloed moet vloei Sal daar versoening kom, sal daar genesing kom Jy moet net bereid wees om gewond te word Die pyn en lyding Waardeur hy moes gaan om ons te Bring waar ons vandag is 'N groot deel van sy lewe's gesteel Maar dit keer hom steeds nie, om uit te stap met liefde in sy hart En 'n vuis in die lig leef hy sy leuse Sweef soos 'n vuishou Veg sonder ophou nou vir dit wat goed en reg is Sonder dat daar bloed moet vloei Sal daar versoening kom, sal daar genesing kom Jy moet net bereid wees om gewond te word En jy leer my van liefde En jy leer my van vrede Jou vingerafdruk is op my hart