Ek het 'n voëltjie hoor fluit Die doodskleed het nie sakke nie En al die paaie lei na Rome En ja soms dra ek water in 'n mandjie aan Jy moet 'n tong soos 'n skeermes hê Want aan die vrugte ken 'n mens die boom Bloed kruip waar dit nie kan loop nie Want 'n warm hart steek die ander aan die brand Dit maak nie saak of ons dit skree nie Doof sal ons bly vir solank as wat ons kies Dit maak nie saak of ons dit sien nie Blind sal ons bly vir solank as wat ons kies Ek gaan nou van my wysie af raak Want onder valse vlag wil ek vaar Dis die spyker in my doodskis Sak Sarel ons is almal wolf in skaapklere Ek gaan nou iets uit my duim suig Jy kan verder loop as hardloop Ons moet nou skouer aan die wiel gooi Of ons moet nou aanhou by die duiwel loop bieg Die son trek al water die koel is deur die kerk Hy lê die vinger op my wond Vra is vry en weier daarby Ons moet die die strydbyl begrawe