Kishore Kumar Hits

Straatligkinders - Wvk şarkı sözleri

Sanatçı: Straatligkinders

albüm: Verdwyn


Dit voel soos afrikaneroorlog
Ons wapens word herlaai
Met woorde wat verwoes en idees wat paniek wil saai
Lig jou kruis op na boontoe want al die eer gaan na Hom toe
Of so het ons gedink met ons verkeerde instink
Hoe verkeerd was als nie
Vat my hart sonder vergoeding
Hou my gyselaar met jou genade
Martel my met jou liefde
Seën my met jou oordeel
Vrede nou
Ek trek 'n kruis deur my hart ek smeek jou
Vrede nou
Teen al die waansin verdeelde onsin
Vrede nou
Beskerm ons teen ons eie woorde
Vrede nou
Ontferm ons nou met ons gewete
Emosionele wêreldoorlog
Liefde word gesaai met woorde wat genees
En die winde van versoening waai
Lig jou naaste op na boontoe want al die eer gaan na hom toe dis
Hoe dit moet wees in die regte gees opbouende nader sonder vrees
Vat my hart sonder vergoeding
Hou my gyselaar met jou genade
Martel my met jou liefde
Seën my met jou oordeel
Spoeg hier op ons grond
Smeer die modder oor ons oë
Help ons weer om te sien dat almal jou genade verdien

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar