Ek dans vanaand tussen my verlede Sing gereeld van God en ook van jou En ek sukkel nog om te hoor of julle antwoord Wat het ek aan jou gedoen Het jy vergeet dat ek ook foute maak As ek nie weet waar my rus is Dit is dan wanneer dorings in my stem groei. Soek jy die doel van die lewe Ek soek die soom van die Messias Dalk lê alles daar waar ek en jy nie by kan kom nie Die toekoms lê op 'n donker heuwel Is jy bereid om saam met my te wag Vir die nag wat altyd aan die kom is Kyk wat het ek nou gedoen Het jy gesien hoe alles wat ek het ineen stort Dit is nou wanneer dorings in my stem groei. Liefde in die mond maak die hart gesond Maak die hart gesond Liefde in die wond maak die siel gesond Maak die siel gesond