Verkyker in die aand ek is blind Alles om my laat my voel soos 'n kind Bang alleen verneder nou Los my uit ek wil hier vergaan Ek klop aan die deur van die dood Ek wil nie ingaan nie ek wil gesels oor 'n datum Wanneer gaan my siel my lyf verlaat Kan ek nog groet kan ek nog almal in die Oë kyk of sê jy nou dis te laat dis te laat Sluip soos 'n dief in die nag ek is nie bang nie hoe kan ek tyd wen Alles voel soos 'n wedren sal ek ooit gereed wees? Sal ek so geërd wees om vir Gabriël te sê ek dink jy is te vroeg Donker nag gee my 'n verkyker Die dood skree ek weier om te luister Nog 'n dag jou lewe maak my ryker Moeg gewag ek verwyder nou die pleister