Kishore Kumar Hits

Straatligkinders - Asem şarkı sözleri

Sanatçı: Straatligkinders

albüm: Asem


In 'n wêreld vol haat is die verliefde man koning
Die een wat soek vir iets wat ons nie vind nie
Sodat hy kan voel wat die ander nie voel nie
Maar in 'n wêreld vol haat is die gewondes almal blind
En ons val rond en breek goed want as ons dood is kan ons opstaan
Maar ek weet alles is nie in die einde nie en jy weet alles kan nie weer oor begin nie
Wat kan ons doen om anders te wees om anders te voel
Hoe kan ek sê dat ons dit kan vind dat ons dit kan voel want ons wil
Ek weet jy is hier ek kan jou aan my voel as jy nader was sou jy sien wat jy aan my doen
Ek kry nie asem nie want ek verdrink in jou
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Dit was 'n ongeluk al voel dit so aspris ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil
In 'n wêreld vol seer is die gebroke een tuis hy hang homself op met sy woorde
Hy hang homself op aan sy sinne
Ek wag vir jou om huis toe te kom hier waar ek is
Want al wat ons het is ons woorde en al wat ons het is ons sinne
Al julle volke klap julle hande hier staan ons nou met ons verbande
Die lewe ruk en rol jou rond skop skiet en donder hier lê ons op die grond
Help my nou om die plan te sien
Hoekom wil jy nie saam met my sien nie
Jy was dan heeltyd die lig aan die einde van die tonnel
Hou my net vas en sê alles gaan okay wees
Maar belowe my net niks was verniet gewees
Ek kry nie asem nie want ek verdrink in jou
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Dit was 'n ongeluk al voel dit so aspris ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek kry nie asem nie want ek verdrink in jou
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Dit was 'n ongeluk al voel dit so aspris ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek wil nie meer aan jou dink nie
Ek wil jou nie meer mis nie
Ek voel jou heeltyd by my
Ek wil nie meer hierdie doen nie
Ek voel jou heeltyd by my
Kan dit nie net verdwyn nie
Ek wil nie meer ons voel nie
Ek wil nie meer jou voel nie

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar