Kishore Kumar Hits

Koos Kombuis - Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar şarkı sözleri

Sanatçı: Koos Kombuis

albüm: Equilibrium


Sestien jaar, 'n rock-'n-roll Zombie, babbelaas en bot in 'n boot van 'n combie
Op 'n plak en oppikoppi, stad kappe Stellenbosch vir sewe sikkels silwer en 'n bord vol kos
Onthou jy nog vir bongo Jerrie, dink jy nog aan Nick?
En Dapper Jannie, Dagga-Dirk en Valiant en Piet?
L'Amour was die koning op die lead kitaar, maar Gawie was gekroon as casinova van die jaar
Koortjie:
Sestien jaar, setien jaar, sestien jaar met 'n vals kitaar
Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar?
In die begin was ons min, maar ons wil was sterk
Om vir die god van Rock-'n-Roll en vir sy kerk te werk
Die wapad was ons woning, die sterre ons plafon,
Ons het getokkel en gesing vir ons plekkie in die son
Tussen 'n muur en 'n skuur en 'n hoender battery,
Langs 'n wingerd en 'n dam het ons verniet gebly
Ons kon droom, ons kon dig, ons was honger, ons was maer,
Die toekoms was verseker in 'n daggablaar
Koortjie
Roekeloos in Rockey Straat, desperaat in Dorpstraat,
Lippe oppie klippe met 'n sukkelende clutchplaat
Doobies op die dashbord, klippe in die pad, Bowie op die boombox, sit hom in rat
Watter kant is Worchester, waar is die bar? Piele op die wiele al vir sestien jaar
Koortjie
Dit was die nag van die diktator, die uur van die dier
Dit was die koudste winter ooit daar langs die Hennopsrivier
Piet Retief is vooruit om vir die kakies te loop sing,
Ons het gewag vir de la Rey om die tyding te bring
Met Ouma Smuts op die wakis en Smuts aan die stuur,
Was die oorwinning my Magaliesberg van korte duur
Die producer het gesweet, maar die drummer het geweet
Die platemaatskappy gaan ons vir breakfast eet
Dop in die kop, van die wal in die sloot,
Beskinder in De Kat en in Die Huisgenoot
Die porters op die lughawe het vliee in die salf
Kom ons bel die Vrye Weekblad, kom ons moan oor Ralph
Double-Cross en treachery, leuens en verraad, nog 'n toer in sy moer, nog 'n gat in draad
Nog 'n selfmoord in die Sirkus, nog 'n band in gevaar,
Nog 'n rondte Brandewyn vir almal in die bar
Koortjie

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar