Taliep Taliep Is laasnag in die kop geskiet Hulle dink dit was 'n hit So se sy pa Taliep Taliep Hy was die man met die music Hy was die guru van die ghoemalied in Suid-Afrika Ons voel so mismoedig Ons is so hartseer en droewig Ons is so kwaad en so moerig Want ons wonder waar is die law Van vroeg tot laat Is daar net gangs in die straat Wat help dit om te praat Ons is in 'n state of war Is daar geen antwoord hier Tussen die duiwel en die diep blou vuur Ons fight met ons rug teen die muur 'Cos crime shouldn't pay Die mens wik en God beskik Maar die mamma's en die pappas skrik Want hulle kinders is verslaaf aan tik Op Reconciliation Day Repeat Reconciliation Day Taliep Taliep Is laasnag in die kop geskiet Hy's in sy eie huis tereggestel Dis nie die eerste keer my bra Dat so-iets hier gebeur, jy vra Hoekom bly die cops dan weg as ons daai number bel? Ons is so sad en so lonely Sonder daai man met sy melody Al daat tunes en daai harmonies deurmekaar Hy was die prophet of the city Nou's hy running on empty Vir altyd in eternity Ek hoop hy's happy daar Is daar geen antwoord meer Is daar dan niemand wat wil reageer Aan wie moet ons dit rapporteer Hoe lank moet ons stry Die strate is vol bloed Elke dag 'n begrafnisstoet Hulle steel al ons goed Op Reconciliation Day