As ons almal more sterf En dis tyd om te groet Ek weet ons oomblik was nie lank nie Maar hel dit was goed As ons almal more sterf En die emmer om skop Voel jy dalk 'n bietjie weemoed Maar dit sal gelukkig ook stop As ons almal more sterf Is die vooruitsig vaal Maar dink aan al die paaiemente Wat jy nooit hoef terug te betaal As ons almal more sterf Skink ek vir my wyn En nooi al my naaste vriende Kom ons raak dronk in my tuin As ons almal more sterf Was lewe ooit die moeite werd As ons almal more sterf Dan plant ek n boom Ek weet dat niemand dit sal klim nie Maar dit bly goed om te droom As ons almal more sterf Dan kom ek jou haal Want ek glo daar is nog kans Voor ons almal vaal As ons almal more sterf Was lewe ooit die moeite werd As ons almal more sterf Was jou lewe ooit die moeite werd Die moeite werd So is jy gelukkig Of het jy verdriet Kan jy glo wat jy het Is dalk werklik verniet As die dood voor jou staan Sal jy glimlag of huil As jy terug dink aan gister Sou jy iets wou verruil So maak 'n verskil Of bly net by die huis Want jou keuses vandag Word deur more bewys Laat jou drome en dade die wêreld opbou 'Dat ons kinders se kinders dit ook kan onthou As ons almal more sterf En dis tyd om te groet Ek weet ons oomblik is nie lank nie Maar hopelik goed