Dezzie ek kruis lyne Met die middernag seine vannaand En Dezzie ek kruis lyne Met die middernag seine vannaand En ek vra nie meer vir liefde nie En ek soek nie weer vergifnis nie Ek hoop net dat jy Jou glimlag weer terug sal kry Dezzie ek stuur blomme Na verlate adresse vannaand Dezzie ek stuur blomme Na verlate adresse vannaand Want ek weet nie waar jy bly nie En ek weet nie wie is aan jou sy nie En al ons blomme het verlep in 'n doodloopstraat. En ek dra nog die letsels van Akkerstraat 6 My paaie loop terug na daardie adres Met 'n halo in jou hare En perels in jou smile Die maan dryf in die swembad Toe soen jy my goodbye ye ye Goodbye ye ye Toe soen jy my goodbye ye ye Goodbye ye ye Dezzie kyk hoe skiet Die sterre nag verby Dezzie kyk hoe skiet Die sterre nag verby Het hulle iewers om te gaan rus Waar daar vir hulle 'n lêplek is Dezzie ons soek almal Iets wat ons nie kan kry. Dezzie ek kruis lyne Met die middernag seine vannaand En Dezzie ek kruis lyne Met die middernag seine vannaand Ek skryf briewe vir die blindes Op 'n Sondagaand En songs vir die dowes As dit donker raak Maar my woorde sal nooit ooit jou plek vol kan staan En ek dra nog die letsels van Akkerstraat 6 My paaie loop terug na daardie adres Met 'n halo in jou hare En perels in jou smile Die maan dryf in die swembad Toe soen jy my goodbye ye ye Goodbye ye ye Toe soen jy my goodbye ye ye Goodbye ye ye