Kishore Kumar Hits

Koos Du Plessis - Skielik Is Jy Vry şarkı sözleri

Sanatçı: Koos Du Plessis

albüm: Skadu's Teen Die Muur


As niemand van jou hoor nie
As niemand van jou weet nie
Kan jy tog niks verloor nie--
Kan niemand jou vergeet nie.
As niemand jou bemin nie
As niemand jou ooit raak nie
Kan niemand trou versin nie--
Kan niemand jou versaak nie.
Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy
En die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie
Net die vrede bly
Niks om te betaal nie--
En skielik is jy vry.
As jy op niemand leun nie
En niks van iemand vra nie
Hoef niemand jou te steun nie
Hoef niemand jou te dra nie.
Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy
En die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie
Net die vrede bly
Niks om te betaal nie--
En skielik is jy vry

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar