Kishore Kumar Hits

Wynand Strydom - Skielik Is Jy Vry şarkı sözleri

Sanatçı: Wynand Strydom

albüm: Skielik Is Jy Vry - Sing Die Musiek Van Koos Du Plessis


As niemand van jou hoor nie;
As niemand van jou weet nie,
Kan jy tog niks verloor nie--
Kan niemand jou vergeet nie.
As niemand jou bemin nie;
As niemand jou ooit raak nie,
Kan niemand trou versin nie--
Kan niemand jou versaak nie.
Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
En die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
Net die vrede bly;
Niks om te betaal nie--
En skielik is jy vry.
As jy op niemand leun nie
En niks van iemand vra nie,
Hoef niemand jou te steun nie;
Hoef niemand jou te dra nie.
Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
En die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
Net die vrede bly;
Niks om te betaal nie--
En skielik is jy vry
Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
En die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
Net die vrede bly;
Niks om te betaal nie--
En skielik is jy vry.

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar