Kishore Kumar Hits

Juanita du Plessis - My Pa Is Die Koning şarkı sözleri

Sanatçı: Juanita du Plessis

albüm: Altyd Daar Gospel Album, Vol. 1


Jy glimlag so breed as jy my vriendelik groet
Jy lyk tog so selfversekerd
Met die wêreld aan jou voete
Voel jy soos 'n reus,
Bly die lewe 'n fees
As teëspoed jou tref, dan skeel dit jou min
Dit lyk of jy dans as jy loop
Ek kon dit nooit verstaan nie
Ek moes die antwoord hê, en toe hoor ek jou sê:
My Pa is die Koning van die heelal jy weet
En kom wat wil ek sal dit nooit vergeet
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, ja dit maak my 'n prins
My lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie, dit sê ek jou nou
My Pa is die Koning onthou
Hoe moes ek nou voel, ek wens ek was jy
Maar ek's net 'n gewone ou
Dit klink onregverdig
Om 'n koning te hê vir wie jy Pa kan sê
Toe't jy my genooi, jy sê kom luister nou mooi
Hoe kan jy tog so gou vergeet?
Ons is mede erfgename
En toe ek my kon kry, to sê jy vir my:
My Pa is die Koning van die heelal jy weet
En kom wat wil ek sal dit nooit vergeet
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, ja dit maak my 'n prins
My lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie, dit sê ek jou nou
My Pa is die Koning onthou

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar