Kishore Kumar Hits

Juanita du Plessis - Ons Belofte Aan Mekaar (feat. The Nashville Allstars) şarkı sözleri

Sanatçı: Juanita du Plessis

albüm: Country Hart (Treffers op Aanvraag)


Ontou jy nog, ons beloftes
Twee spore wat dieselfde pad begin
Die saam besluit om een te wees
Lief te hê en getrou te wees
Met my hand styf in joune
Ek wil langs jou lê elke môre
Ek wil jou vashou elke nag
Onder sterre oor ons drome waak
En saam ons kinders groot te maak
'N Wens, my laaste wens
Ek wil oud word saam met jou
Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse
Sal ek volg waar jy my lei
Al is daar silwer in jou hare
En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê
Want ek wil oud word saam met jou
'N Leeftyd is nie genoeg nie
En vir ewig is te min vir my
Dis 'n eindelose wentelbaan
Ek en jy en 'n lewe saam vir nou
En een vir altyd
Ek wil oud word saam met jou
Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse
Sal ek volg waar jy my lei
Al is daar silwer in jou hare
En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê
Want ek wil oud word saam met jou

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar