Kishore Kumar Hits

Retief Burger - Nogtans - Live şarkı sözleri

Sanatçı: Retief Burger

albüm: Luidkeels (Live)


Al sou die wêreld om my tuimel
En die lewe vir my net een te veel raak
Al sou my hart in tien duisend stukkies om my lê
En alleenheid nie eers my vriend wil wees nie
Nogtans sal ek in my Here jubel
Sal ek juig in God my redder
Selfs in my donkerste nag as die antwoorde my ontwyk
Sal ek juig, sal ek buig
Al sou my drome ook in skerwe lê
En die woestyn sou my hart se klop bly kraak
Al sou my pyn en seer verstik in al my vrae
En ek glad nie meer die hoop in my wil dra nie
Nogtans sal ek in my Here jubel
Sal ek juig in God my redder
Selfs in my donkerste nag as die antwoorde my ontwyk
Sal ek juig, sal ek buig
U maak my voete soos 'n ribbok
En U laat my op hoe plekke veilig staan
U neem my klaaglied en skep 'n loflied wat sal klink tot U eer
En... Nogtans sal ek in my Here jubel
En... Sal ek juig in God my redder
Selfs in my donkerste nag as die antwoorde my ontwyk
Sal ek juig, sal ek buig
Heilig is die Here my God
Heilig is die Here my God
Heilig is die Here my God
My God...

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar