Kishore Kumar Hits

Onbeskaamd - O Heer My God / Hoe Groot Is God şarkı sözleri

Sanatçı: Onbeskaamd

albüm: Herwin


O Heer my God,
As ek in eerbied wonder -
En al u werke elke dag aanskou:
Die son en maan,
Die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou
Dan moet ek juig
My Redder en my God!
Hoe groot is U;
Hoe groot is U!
Want deur die hele
Skepping klink dit saam:
Hoe heerlik, Heer,
U grote Naam!
Ek sien die veld -
Die bosse, berge, vlaktes.
Ek hoor hoe fluister
Grasse, stroom en wind.
O Heer, U sorg
Vir klein, vir groot, vir alles
En U sorg dag
Na dag vir my, u kind.
Dan moet ek juig
My Redder en my God!
Hoe groot is U;
Hoe groot is U!
Want deur die hele
Skepping klink dit saam:
Hoe heerlik, Heer,
U grote Naam!
U Seun word mens;
In ons gebroke wêreld
Kom vestig Hy
Sy koningsheerskappy.
Hy maak weer heel
Wat sonde hier gebreek het.
Hy bring weer hoop
En redding - ook vir my.
Dan moet ek juig
My Redder en my God!
Hoe groot is U;
Hoe groot is U!
Want deur die hele
Skepping klink dit saam:
Hoe heerlik, Heer,
U grote Naam!
Hoe groot is ons God
Almal sal sien hoe groot
Is ons God
Hoe groot is ons God
Almal sal sien hoe groot
Is ons God

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar