Alleen sonder antwoord, alleen sonder pyn Ek's teruggetrek in my dop in terwyl die son nog helder skyn Stilbly is ook 'n antwoord, wegkyk is ook sien Terwyl jy alles regbuig, kry ek wat jy verdien O ek sien die son daarbuite skyn Ek voel die aarde druk hier teen my lyf Ek voel die wêreld sluk my in Ek sien die donderweer en ek wil wyk Ek wil wyk van ... Mense in die strate wat skinder van hul maters Mense in my kop wat niemand ooit kan stop Mense in my drome, mense rondom my Mense in my gedagtes wat ek nie kan vermy Deurmekaar sonder woorde wil ek my lewe skryf Maar die hoofrol in my kop verblind die karakter binne my My hart klop in 'n wysie my kop dink vooruit Oor dinge wat ek graag wil doen wat ek nie kan regkry O ek sien die son daarbuite skyn Ek voel die aarde druk hier teen my lyf Ek voel die wêreld sluk my in Ek sien die donderweer en ek wil wyk Ek wil wyk van ... Mense in die strate wat skinder van hul maters Mense in my kop wat niemand ooit kan stop Mense in my drome, mense rondom my Mense in my gedagtes wat ek nie kan vermy