Kishore Kumar Hits

Anneli Van Rooyen - Rooi Kitaar şarkı sözleri

Sanatçı: Anneli Van Rooyen

albüm: Die Legendes Van Afrikaanse Musiek


Elke Nuwejaar net na die Kersgety
Kom 'n donkiekar drywer deur ons dorpie gery
Dan drom die mense almal op die markplein saam
Hy groet hul met hand en by die naam
Die donkie staan en kou in die skadu's van 'n boom
En eenkant brand 'n vuurtjie, waar die koffie stoom
Agter op die wa lê die goeters deurmekaar
Maar iewers in die bondel is sy rooi kitaar
Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Tokkel nog 'n liedjie op jou rooi kitaar
Maak jou eie woorde, stuur 'n paar akkoorde
Maak 'n dikker-dikker op die Nuwejaar
Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Roer die klikke-klakke van jou rooi kitaar
Vertel ons nog 'n stories, van hartseer en van glorie
Vertel ons jou planne vir die Nuwejaar
Hy skryf die mooiste liedjies, van die oorlog tyd
Van Boere en van Kakies en haar Majestyd
Die ouers dink dis leuens maar die kinders dink dis waar
Want hulle sien 'n sprokie in sy rooi kitaar
Terwyl hy sing en speel, dans die mense vrolik rond
Maar niemand merk die hoedjie eenkant op die grond
En sien die vrae in die oë wat staar
Almal word betower deur die rooi kitaar
Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Tokkel nog 'n liedjie op jou rooi kitaar
Maak jou eie woorde, stuur 'n paar akkoorde
Maak 'n dikker-dikker op die Nuwejaar
Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Roer die klikke-klakke van jou rooi kitaar
Vertel ons nog 'n stories van hartseer en van glorie
Vertel ons jou planne vir die Nuwejaar
Die wa is reeds gepak, want die uur is verby
Die middagson sit hoog, hy moet verder ry
Maar niemand vra ooit, waar hy kom of gaan
En niemand soek 'n rede vir sy afskeidstraan
Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Tokkel nog 'n liedjie op jou rooi kitaar
Lê bietjie warm, jy's die beste sanger
Maak 'n dikker-dikker op die Nuwejaar
Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Dankie vir die liedjies en die rooi kitaar
Dankie vir die woorde en die mooi akkoorde
Alles van die beste vir die Nuwejaar
Alles van die beste vir die Nuwejaar
Alles van die beste vir die Nuwejaar

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar