Karolis, Karolis van Dwarskersbos
Is 'n Weskusklong, van so ses voet ses
Sy hande is so groot soos 'n piesangtros
Met sy voete, die trap hy, die klippe so los
Karolis, Karolis is 'n bul van 'n man
Kan enige ding met sy kaal hande vang
By Soufie sy meisie, is hy soos 'n lam
Verlief tot sy ore, vir haar is hy bang
Ja, hy hou van die see, en 'n lekker koppie tee
En hy's lief vir sy ma, en hy's lief vir sy pa
Hy sê "hokaai, wag nou, ho nou, kom nou"
Ag toggie, los my 'seblief net alleen
Hy sê "hokaai, wag nou, ho nou, kom nou"
Ag toggie, los my 'seblief net alleen ...
Karolis, Karolis, ag sê tog vir my
Waarvandaan jy daardie paar bak-bene kry?
Jy hol soos 'n haas, en nooit word jy lam
Maar vir varkie se kind, sal jy nooit nie kan vang
Karolis, Karolis wat maak jy tog nou?
Ek is besig om vir Soufie 'n huisie te bou
Die ring is gekoop, en die antwoord was ja
Ek het vreeslik gestotter toe ek haar moes vra
Ja, hy hou van die see, en 'n lekker koppie tee
En hy's lief vir sy ma, en hy's lief vir sy pa
Hy sê "hokaai, wag nou, ho nou, kom nou"
Ag toggie, los my 'seblief net alleen
Hy sê "hokaai, wag nou, ho nou, kom nou"
Ag toggie, los my 'seblief net alleen ...
Karolis, Karolis die is toe getroud
Soggens vang hy vis, en saans kap hy hout
Die vis word verkoop, en die geldjies gespaar
Want een van die dae, is Karolsie mos daar
Karolis, Karolis die sit op sy kas
Sy Soufie is so besig om die wasgoed te was
Die wind is te sterk om die see in te vaar
Die mandjie vol wasgoed, die moet hy nou dra
Ja, hy hou van die see, en 'n lekker koppie tee
En hy's lief vir sy ma, en hy's lief vir sy pa
Hy sê "hokaai, wag nou, ho nou, kom nou"
Ag toggie, los my 'seblief net alleen
Hy sê "hokaai, wag nou, ho nou, kom nou"
Ag toggie, los my 'seblief net alleen
Поcмотреть все песни артиста