(Eerste vers) Van al die somersporte in die Noord-Gauteng Is die gewildste een saam draf Uit die Ooste, Weste, Uit die Noorde, Suide Voor die eerste hond nog blaf Wag daar duisende mense by die wegspringpunt Dat die afsetskoot moet klap En party is goed gedetermineerd En party het net kom stap (Tweede vers) 'N Meneer Chakile en sy broer Jimanzi Het 'n plan een jaar bedink Toe hulle saam een aand voor 'n bekende race 'N paar Black Labels drink En Chakile sê vir sy broer Jimanzi Dit gaan goeie beplanning kos As ons mekaar vir 'n goue medalje Halfpad af wil los (Koor) Chakile en Jimanzi Kam 'n kant paadjie Na die selfde kant Chakile en Jimanzi Trek dieselfde baadjie aan Chakile en Jimanzi Se stophorlosie Is aan die selfde hand vas Chakile en Jimanzi Se hele bagasie pas Bymekaar (Derde Vers) By die halpadmerk In 'n mielieland Wag Jimanzi vir sy broer Hy is effe nervous Oor die race beamptes En hy wonder waar's die boer En Chakile trek af vir 'n kamma noot En hy sê: "Jimanzi, go!" Uit die mielieland kom Jimanzi uit Soos 'n splinternuwe ou (Vierde vers) En die voorloper Drink sy laaste gel En hy proe al die champagne Toe Jimanzi skielik aan sy sy verskyn En op die horison verdwyn Op 'n vreemde teerpad Stap 'n vars Chakile aan 'n vars mielie en eet En in die verte hol sy broer Jimanzi Eerste oor die streep (Koor) Chakile en Jimanzi Kam 'n kant paadjie Na die selfde kant Chakile en Jimanzi Trek dieselfde baadjie aan Chakile en Jimanzi Se stophorlosie Is aan die selfde hand vas Chakile en Jimanzi Se hele bagasie pas Bymekaar (Brug) Maar die raad het begin snuf in die neus kry Want Jimanzi lyk te vars En iets omtrent sy hare was anders En iets omtrent sy groot wristwatch En toe hulle teruggaan op die foto's Van die kameras langs die pad Is Jimanzi se kantpaadjie en horlosie Aan die een en dan die ander kant (Koor) Chakile en Jimanzi Se stophorlosies is nie aan dieselfde hand Chakile en Jimanzi Se kantpaadjies verskil Want Chakile en Jimanzi Het nie 'n spieël by die huis nie Hulle kyk vir mekaar Want Chakile en Jimanzi Is 'n tweelingpaartjie Dis waar Chakile en Jimanzi