Soos wind oor n blaar, soos n veërtjie sommer maar As mense met jou mors, as jy vies is of nors Is ek daar Soos die lente elke jaar, soos die wit bloeisel blaar As jy moeg is en verniel is Soos n kaggel vir die siel Is ek daar Lewe jou lewe, my engeltjie kind Altyd gerus, ek is daar in die wind Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my Altyd gerus in die weer en die wind Lewe jou lewe, my engeltjie kind As die stormwind waai en die blitse begin laai As die onweer jou tref moet jy besef ek is net om die draai Wie gaan jou bewaar as jy dink daars gevaar As jy koud kry of bang is soos die asem teen jou wang is ek daar Lewe jou lewe, my engeltjie kind Altyd gerus, ek is daar in die wind Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my Altyd gerus in die weer en die wind Lewe jou lewe, my engeltjie kind Is dit n ou ou goue blaar Waarna jy so sit en staar? Dis net kinders wat luister As blare begin fluister vir mekaar Lewe jou lewe, my engeltjie kind Altyd gerus, ek is daar in die wind Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my Altyd gerus in die weer en die wind Lewe jou lewe, my engeltjie kind