Hersien Hierdie lewe sluk ons in Ek wens ons kan van vooraf begin Om hierdie kronkel-kronkel paaie Opnuut te hersien Alles is soms moeilik Tog sal ons moet glo Dat dankbaarheid iets is Wat ons sal beloon Ons is almal tog maar net 'n produk Van ons eie stel unieke omstandighede So maak nou vrede met jouself En besin oor waar jy sal moet delf Om te kom by die punt waar Jy snags werklik rustig kan slaap Ek dink ons is maar desperaat Soms wens ek, ek kan soos Ingrid maak En net die see invaar Maar wat word dan van haar?