Sal 'n soldaat soos ek Met my blikbajonet Ooit deurdring tot jou Delikate ballet In die meer wat weerkaats Voor die deur waar jy dans Herken ek myself In jou pirouette Ek is standvastig Ek is dapper Ek is versigtig jy maak my swakker As wat ek ooit mag wees Selfs in die donker Waar ek wegsink Aanhou wonder Oor wat jy dink Sal ek vastrapplek vind Ek het pligsgetrou Op aandag gestaan Maar nog steeds Het die wind my weg Van jou af gedra Sal 'n skoonheid soos jy In jou kasteel van papier Vir my wag tot die noodlot My weer terug tot by jou stuur Ek is standvastig Ek is dapper Versigtig jy maak my swakker As wat ek ooit mag wees Selfs in die donker Waar ek wegsink Aanhou wonder Oor wat jy dink Sal ek vastrapplek vind Toe ek uiteindelik Die lig weer sien Was niks nog so mooi Soos jou beweging nie Ek het van binne af gebrand Sterker as die vlam Waarin ek en jy saam Sou smelt en vergaan Ek is standvastig Ek is dapper Versigtig jy maak my swakker As wat ek ooit mag wees Selfs in die donker Waar ek wegsink Aanhou wonder Oor wat jy dink Sal ek vastrapplek vind Ek is standvastig Ek is dapper Versigtig jy maak my swakker As wat ek ooit mag wees Selfs in die vlamme Waar ons wegsmelt Nader aan jou As aan myself Sal ek jou weer vind